King's African Rifles

’n Monument in Zomba vir Malawiese soldate van die KAR wat in die Eerste Wêreldoorlog gesterf het.

Die King's African Rifles (KAR) was ’n Britse koloniale regiment wat bestaan het uit soldate van die gebiede om die hedendaagse Groot Mere van Afrika, van 1902 tot die streke se onafhanklikwording in die 1960's. Dit was beide militêr en intern as sekuriteitsmagte aktief in die koloniale gebiede en het later buite dié gebiede in die Wêreldoorloë diens gedoen. Die soldate was plaaslike inwoners, terwyl die meeste van die offisiere van die Britse weermag was.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne